Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Tennis

In Hansieland speel ons gereeld tennis. Ons is deel van die tennisklub op die dorp en ons is elke Saterdag in aksie. Ons glo dat tennis 'n sportsoort is wat 'n mens liggaamlik en geestelik voorberei op die lewe.

Benewens die skole-liga waaraan ons jaarliks deelneem, poog ons om die Sun City tennistoernooi by te woon.

Ons tennisseisoen begin jaarliks reeds aan die einde van die vorige jaar met die Limpopo-kampioenskappe. In 2013 was daar 12 spelers wat gaan deelneem het en 4 van hulle is in 2014 opgeneem in provinsiale spanne. Baie geluk Jolinda Pinto, Sumari Snyman, Ruben Pretorius en Stefan Pretorius, ons is trots op julle.

Ons het reeds begin met voorbereiding vir 2015 en die Limpopo-kampioenskappe vind hierdie jaar vanaf 5-7 Desember te Pietersburg plaas.

Tennisoefentye:vanaf 1 Februarie 2015 Maandag tot Donderdag vanaf 16:30 – 18:00 by die klub se tennisbane. Die leerlinge moet fyn luister na afkondigings en ag slaan op inligting rakende die uitspeelwedstryde. Afrigting kan gereël word by me. Sylvia van Wyk en die skoolverteenwoordiger is me. Johanette Pretorius. Oefentye moet tussen atletiek, hokkie, rugby, netbal en swem ingepas word.