Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Sport Akademie

 

 

 

Wat behels die sportakedemie 

Sportakademie behels die volgende dienste....

*        Sportwetenskaplike,

*        Fisio

*        Professioneel

gekwalifiseerde afrigters.
*        Ontwikkeling van leerders tot  hul volle potensiaal

 *       Fiksheid en kondisionering van leerders (sport spesifiek)

*       Hantering en rehabillitasie van beserings

 

COGSPORT-       Australiese program om sportleerlinge wat gedurende die seisoen konkussie opdoen, te monitor en te bestuur vir veilige terugkeer na sport.

Ø  Gereelde toetsing en monitering van leerlinge om fiksheidsvlakke te bepaal en te handhaaf.

 

Doel van sportakedemie

Om die vlakke van afrigting by sowel leerders as afrigters te verbeter deur kursusse aan te bied en by te woon.  Die sportakademie poog om 'n ingesteldheid van oefening en fiksheid te kweek en om leerlinge by te staan met rehabilitasie van beserings indien nodig.

Die doel van die HSSA is om aan die leerders van Hoërskool Hans Strijdom uitstekende afrigting en oefening te bied binne die veiligheid van die skoolgronde. Ons oogmerk is om ‘n kind tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Om 'n positiewe ingesteldheid by leerlinge te vestig deur mentorskap. Hierdeur word nie net die sportman/vrou ontwikkel nie maar ook die persoon se benadering tot die lewe.  Leerlinge word hierdeur gevorm om sukses en teleurstellings op die gepaste manier te hanteer.  Inisiatiewe byvoorbeeld Top Tien - atletiek word gebruik.

Bystand en ondersteuning word aan leerlinge verleen, indien hy/sy van sport 'n loopbaan wil maak. Ons kan met trots en dankbaarheid noem dat 5 seuns aan die einde 2014 by die Valke Rugbyunie en  2 seuns by die Griekwa's se oefengroepe ingesluit is.  Hierdie benadering word nie net op Rugby toegepas nie maar enige sport waarvoor leerlinge kwalifiseer. 

Sport is die middel tot die doel...

 

Fasiliteite:

Hans Strijdom beskik oor sportfasiliteite waarmee min skole kan kompteteer-

*             'n Sintetiese atletiekbaan

*             3 Rugbyvelde

*             3 Hokkievelde

*             6 Netbalbane

*             Swembad

*             Volledig toegeruste          

               gimnasium 

*             Hindernisbaan

 

Gimnasium Koste:  R50 p.m

Geen addisionele koste vir HHS leerders

Gimnasium Tye:     14:30 – 16:00

                                   17:00 – 19:00

Oefentye

Sportakademie-oefening word aanvullend, geskeduleer tot die seisoensport en tye gereeld gekommunikeer met leerders.

Sporthoogtepunte 2015

Atletiek  -            Prestasiebeker    

                             Interhoër

                -            Limpopo    

                             Kampioenskappe

                -            SA Atletiek

Hokkie  

0/15       -             Limpopo      

                             Naaswenners

                -            Noordvaal

                             Semi-finaal

 

Rugby           

0/16       -             Limpopo wenners

2e           -             Limpopo wenners

 

             

Krekiet -  Juniorspan Limpopo

                  wenners in 2014

 

Sportakademie Inisiatiewe:

7s Toernooie

Virgin Active Toerusting in gimnasium

Top Tien - Atletiek

Hindernisbaan

Personeel betrokke

Dirk Oosthuizen (Sportorganiseerder)

082 351 9883

 Johan Wessels (Sportwetenskaplike)

082 559 4140