Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Rugby

Aangesien Hans Strijdom minder as 350 seuns in die skool het, ding ons kompeterend mee om die Beeldtrofee onder mediumskole.

Alle vriendskaplike wedstryde word voor die April-vakansie gespeel en ligawedstryde gedurende die tweede kwartaal. Ons neem deel in die volgende ligas: eerstespan, tweedespan, O/14A, O/15Aen O/16A. Indien daar genoeg spelers is vir ‘n B-span, word daar wedstryde vir hulle gereël.

Skole teen wie ons speel, is Nylstroom, Ellisras, Warmbad, Ben Viljoen, Piet Potgieter, FrikkieMeyer en HTS Tom Naude.

 

Gedurende die April vakansie bied ons die Mauritz Hansen Rugbyweek, 29 Maart-02 April 2016, aan waar ons 3 wedstryde speel.

 

In 2015 is Albertus van Deventer gekies om as spelerlid te wees van die Bokkieweekspan.

Om in ‘n provinsiale span opgeneem te word, is iets waarvan elke speler sekerlik droom. Ons is trots op Franco van Deventer wat in 2015 verkies is tot die 7’s  SA Bokkiespan.

Theuns Prinsloo en Xavier van Tonder is verkies tot die PUK-week.

Daar is ook 'n 7's toernooi wat die laaste naweek in Augustus by die skool gespeel word.

Afrigters 2016:

o/14

Mnr Lebu van Heerden en Mnr Marius Dickinson

o/15 Mnr Rudolf de Vos en Mnr Wouter Combrink
o/16 Mnr Danie du Toit en Mnr Willie Louw
2des en 3des  Mnr Sampie Roos en Mnr Robert Gouwer
1ste  Mnr Dirk Oosthuizen en Mnr Martin van Heerden

Oefening:

Maandae tot Donderdae

15:30 - 16:30 By Sportakademie en afrigters.

Amptelike oefening na Interhoër

Maandae tot Donderdae

o/14 en o/15 spanne:  14:30 - 16:00 (Juniors) C + B velde
o/16, 2des en 3des en 1ste spanne: 15:30 - 17:00 (Senior) C, B + A velde