Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Hokkie

 

Hans Strijdom se dogters is passievol oor hul hokkie.

 

Ons skool spog met 3 hokkievelde- nogal indrukwekkend vir ‘n skool met slegs 400 leerders. Die A-veld word geken as een van die bestes in Limpopo en ons beskik oor ons eie unieke hokkielapa. Hierdie fantastiese fassiliteite maak HHS die ideale plek om die jaarlikse Bokkieweek te huisves. Oor die 40 spanne neem dan teen mekaar deel en ongelooflike hokkie word gespeel.

In 2015 is  van ons dogters gekies vir die Bokkieweekspan 0/14 Wilmarie Leite en Lizaan Versveld 0/16 Marine Visser , Lou-Mari Gouws, Nerine Marsi , Shane Pinto, Anneri Gravett ) 0/19 Den -Dene Coetzee , Ilse Gravett, Cindy vd Westhuizen en Esmarie Swanepoel. Twee vir die Gizellespan Jodene van Wyk en Ilse Gravett- voorwaar ‘n voortreflike prestasie.

Vir Limpopo span Aniska Krause en Marizelle Pretorius.

 

Ons dogters presteer elke jaar puik: jaarliks neem van ons spanne deel aan die Noordvaal kompetisie. In 2013 het die o/16-dogterspan die kompetisie gewen en in 2014 het die o/14-span ongelukkig in die kwarteindrondte van die kompetisie verloor en in 2015 het die 0/15 het hul tot by semi-finaal gekom, 0/16 mag jul die jaar wen.

 

Die afrigters is as volg:

0/14 Me Y Davey , Me M Hoffman, Me S Campbell

  • 0/15 Me N Groenewald
  • 0/16 Me D Ahlers
  • 1ste span 

Verskeie van die spanne het reeds die jaar ‘n fiksheidstoets ondergaan om te bepaal waar hul fiksheidvlak is.

Vaardigheidsoefening word in die atletiekseisoen bepaal deur elke afrigter. Die senior dogters het vaardigheid Maandae, Dinsdae en Donderdae 16:00 - 16:30. Die 0/14 en 0/15 dogters se vaardigheid is Dinsdae 15:30 - 16:30.

 

Ons beplan ‘n opwindende en suksesvolle seisoen

 

Vir meer inligting kontak

Me H Pienaar - Afrigter en organiseerder