Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Gholf

Of dit nou ‘n stokperdjie of ‘n beroep is, gholf is een van die min sportsoorte wat deur mans en dames, van alle ouderdomme as individu, of as ‘n groep geniet kan word. Omdat gholf ‘n sport soort is, waar jy van jouself afhanklik is, kan jy altyd ‘n mededingende voordeel behou, ongeag teen wie jy speel. Gholf is nie slegs net 'n spel nie, om ‘n vaardigheid in die besigheidswêreld te word.Verder help dit met die ontwikkeling van leierskap, selfvertroue, verantwoordelikheid en deursettings vermoë.

Die seisoen van Hansie Gholf was 'n merkwaardige seisoen gewees. Ons het 2 spanne in die liga ingeskryf waar ons baie kompenteerde gholf gespeel het. Ons het ook in die Oktober vakansie aan 'n Gholf toer deelgeneem by Margate Sportskool waar Hennie Michau algehele wenner was met 125 punte ons beplan ook om die toer jaarliks by te woon. 

Doelwitte vir 2015 

Die doelwitte vir 2015 is as volg:

  1. Om 3 spanne in te skryf wat insluit A,B en C afdeling.
  2. Om kompenterendegholf te speel in elke afdeling en onder die Top 3 skole te einde in elke afdeling.
  3. Om 3 spanne op ons jaarlikse toer te vat en onder eerste 3 plekke te eindig.

Skole Limpopo liga:

  • Hoërskool Ellisras
  • Hoërskool Warmbad
  • Hoërskool Ben Viljoen 
  • Heuwelkruin 
  • Hoërskool Frikkie Meyer
  • Hoërskool Nylstroom
  • Skedule sal geplaas word sodra liga bepalings ontvang word.

Vorige uitslae:

Die gholf het in 2014 uitstekend gevaar. Die ledetal van die Hansie gholf het oor die afgelope paar jaar verdubbel. Daarom is dit geen verassing dat Hoërskool Hans Strijdom deesdae gesien word as een van die top- gholfskole in die provinsie. 

Soos vorige jare het ons skool weer verskillende gholfspanne ingeskryf, om deel te neem aan die Limpopo skole liga, en het goed presteer. 

Vorige Uitslae:

B-Liga

Hans Strijdom wen Ellisras

Hans Strijdom speel gelykop teen Nylstroom

Hans Strijdom speel gelykop teen Heuwelkruin

Hans Strijdom verloor teen Ben Viljoen, Frikkie Meyer, Piet Potgieter

C-Liga

Hans Strijdom wen Nylstroom

Hans Strijdom speel gelykop teen Heuwelkruin

Hans Strijdom verloor teen Frikkie Meyer en Piet Potgieter

 

Gholf by Hoërskool Hans Strijdom is besig om uit sy nate te bars en na die goeie prestasie van die 2014 seisoen, sien ons almal met groot verwagting uit na die 2015 seisoen.