Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Redenaars

Temas vir ATKV redenaars 2016:

Gr: 8 - 9

 

 

  1. Mens vang meer vlieë met heuning as asyn.
  2. Elke man soen sy vrou op sy eie manier.
  3. Benoude katte maak benoude spronge.
  4. Dis maklik gesê maar die eend lê die eier.
  5. Die verste berge is altyd die blouste.

 

Gr: 10 - 12

 

 

  1. Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang.
  2. Hunker na die vleispotte van Egipte.
  3. Baantjies vir boeties.
  4. 'n Saak blou-blou laat.
  5. Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel

'n Onderwerp moet geformuleer word uit die tema

Alle toesprake moet beredenerend van aard wees en jy moet standpunte rondom 'n saak inneem. 

Alle voorbereide toesprake moet 5 - 7 min lank wees.

Jy sal beslis 'n onvoorbereide toespraak (juniors 2 - 4 min, en seniors 3 - 5 min) tydens die uitdunne moet lewer.

Lees wyd en sorg dat jy ingelig bly rondom aktuele sake. 

 

Redenaarsgroete

J Pretorius 014 743 2151

 

Uitslae van 2014

4 Senior- ( Stefan Pretorius, Johan Becker, Ruben Pretorius en Alexander Gregan )  en 4 juniorleerlinge :Nico Genis, Lee – Ann Denton, Nolen Booyse en Daniëlla Maritz het na ons plaaslike redenaars uitdunrondte aan die streeksuitdunrondte op Warmbad gaan deelneem.

Een seniorleerling, Stefan Pretorius, en drie juniorleerlinge, naamlik Nico Genis, Nolene Booyse en Lee Ann Denton, het deurgedring na die halfeindrondte wat op 30 Mei 2014 te Pietersburg plaasgevind het.

Die onvoorbereide toesprake by die juniors het 80% getel en die die seniors het slegs onvoorbereide toesprake gelewer. 

Die Hansies was uitstaande en Nico Genis het sesde en Le-ann Denton agste onder die die Top 10 redenaars in die Limpopo geëindig soos gelys deur die ATKV.

Stefan Pretorius het tweede by die seniors geëindig en het aan die Nasionale kompetisie (op 17 Augustus te Rustenburg) deelneem. Twee leerlinge uit elke provinsie het  hier sake gaan uitspook.  Tydens hierdie rondte word van die deelnemers verwag om binne drie ure ‘n volledige toespraak te skryf en te memoriseer. Ons is baie trots op Stefan.

Hans Strijdom het  vir eerste keer deelneem aan ‘n spanredenaarskompetisie.  Dit het plaasgevind op 21 Augustus en is  aangebied deur Frans du Toit op Phalaborwa.  ‘n Span bestaan uit 4 lede en die die Hansies het ‘n Graad 9, Graad 10 en ‘n Graad 11 span ingeskryf. Die Hansies het weereens gesorg vir opskudding toe hulle die volgende plekke behaal het: Graad 9-span – 2e; Graad 11-span 3e en die prestasie van die dag, was die 4 graad 10 seuns wat 'n eerste plek verower het.  Baie geluk aan Johan Becker, Ruben Pretorius, Michael Pauer en Zarco Scherman.

 

Uitslae 2015 

 

Tydens die landsfinaal van die ATKV se redenaarskompetisie het 2 Hansies hul staal gewys. Zarco Scherman het in die afdeling vir voorbereide toesprake deelgeneem en Stefan Pretorius in die afdeling vir onvoorbereide toesprake. Albei het uitstekend gevaar. Trots op julle.