Hans Strijdom

Liefde . Lojaliteit . Passie
Facebook Twitter YouTube LinkedIn

Koshuis

Gallery

 
Om `n koshuis- Hansie te wees kan baie opwinding meebring. Hier word nie net vriendskappe gesmee wat ’n leeftyd sal hou nie maar  jy word gou deel van die Hansie-gesin en so bou wonderlike herinneringe wat jy altyd sal kan koester. In die koshuis geniet ons die kameraadskap wat net in `n Hansie koshuis gevind kan word en raak jy sommer gou-gou betrokke by sport, kulturele aktiwiteite, sosiale aktiwiteite en die belangrikste van alles, die akademie. Hier kry jy al die ondersteuningdienste, wat jou kan help om akademiese sukses te behaal.
Aan die hoof van die koshuis is die koshuisvader/ koshuismoeder en hulle word bygestaan deur  die koshuiskomitee. Saam sorg hulle dat die skoolreëls - en huisreëls nagekom word en aanvaar 
verantwoordelikheid vir alles wat in die koshuis gebeur.

Die diensdoenende  personeellede bestaan uit Dana Du Plessis, koshuisvader van die seuns en vier personeellede van Hoërskool Hans Strijdom. 

By die dogters is Hennelie Pienaar die koshuismoeder en sy het twee ander dames wat haar bystaan.

Hierdie Hansie span maak seker dat elke koshuismeisie en -koshuisman gekoester word sodat elkeen gelukkig kan blom waar hulle woon. Die personeellede is almal inwonend en sorg dat hulle die meisies en manne se skedules volledig ken. Die personeel het `n passie vir kinders en is beslis meer as net `n toesighouer, nee hier is mense wat werklik omgee en die eksta myl stap om almal gelukkig te hou.

Die koshuis kan altesaam 240 kinders huisves. 

Daar is ook `n vasgestelde  daaglikse program wat gevolg word en loop voos volg:

5:30   Opstaan
5:50  Inspeksie
6:00  Stilte
6:15  Ontbyt
13:50  Middagete
17:30  Aandete
19:00 – 20:00  1ste sessie studie
20:30 – 21:15  2de sessie studie
21:20  Stilte
21:30  Ligte uit

 

Twee leerders se belewenis van Hansies koshuis:

Ons huis weg van die huis

Koshuis is lekker, koshuis is goed! Die jaar 2014 het met ‘n slag afgeskop met die meisieskoshuis wat stampvol is met nie minder as ses nuwe graad agts nie! Die graad agts is ook goed ingehuldig en het met trots, passie, en hope geesdrif die jaar begin. Ons spog dan ook met dertien matrieks en hope ander nuwe gesiggies! Daar is baie dinge wat mooi gemaak is, soos ons pragtige badkamers! Juffrou Pienaar en Van Staden hou almal op hulle tone met streng inspeksie en dissipline. Koshuisbrakke het geen rede om te kla nie, al verlang jy na moederliefde en vaderlike raad maak al die vriendine en oral betrokke wees Hoërskool iets om te onthou. 2014 gaan ‘n fees wees vir koshuis en skool.

Sekelbos is terug! Die vakansie was vir sommige van ons te lank en ander heeltemal te kort, maar 2013 is ‘n jaar wat min sal kan vergeet!

Sekelbos het elf graad agts bygekry en ons kan met trots terugvoer dat hulle die koshuis naam en gees vir lank hoog sal hou! Die inlywing was groot pret en het almal vir lank lekker laat lag. Sekelbos glo vas dat die koshuis die beste is vir enige Hansie met Leeu moed, en ‘n gees van staal en tonne energie. Ons weet 2014 gaan ‘n jaar vir opskryf wees!